Die sentrale ligging van Vreugde Gasteplaas tussen Warden en Bethlehem, slegs 18km vanaf die N3 hoofweg, (ongeveer halfpad tussen Pretoria en Durban asook Kaap-provisies en Kruger Wildtuin) maak Vreugde Gasteplaas die ideale oornagstop vir die kieskeurige reisiger wat rus en stilte verkies bo die aanhoudende lawaai van vragmotors en ander verkeer.
Vreugde Gasteplaas is 'n selfsorg fasiliteit met verskeie akkommodasiegeriewe:
ENKEL / DUBBEL STUDIOS FAMILIE STUDIOS - Slaap tot 4 persone Al die studios het 'n en-suite badkamer en is toegerus met 'n kitchenette vir die warm maak van voorafbereide/wegneem etes. Die kitchenette is egter nie ingerig vir kook nie. Braaigeriewe is beskikbaar. 'n FAMILIE KOTHUIS met 3 slaapkamers en ten volle toegeruste kombuis is beskikbaar wat as eenheid verhuuur word vir tot 5 persone. Die kothuis verseker aangename verblyf met rustige plaasatmosfeer, privaatheid en gerief. Die studios en kothuis is nie toegerus met TV nie. Gratis WiFi is beskikbaar. N3 Overnight Stay near Warden.
BOOKING: 0027 82 415 6311 |
Daar is ‘n verskeidenheid besienswaardighede in die omtrek en die plaas kan as dien as basis om die omgewing te verken aangesien Vreugde Gasteplaas gerieflik geleë is tussen Bethlehem, Reitz, Vrede en Harrismith.
Clarens, Golden Gate, Sterkfonteindam en Verkykerskop is elk ongeveer 100 km vanaf die plaas en sorg vir gerieflike daguitstappies. Nog dagreise wat vanaf die plaas onderneem kan word sluit in die noordelike Drakensberg-reeks met plekke soos Royal National Park, die Amfiteater en dorpies soos Bergville en Winterton met lekker eetplekke en interessante geskenk- en kunswinkeltjies of die minder bekende "Lost Valley" en staproetes by Rensburgkop, albei met 'n fassinerende geskiedenis. Verken die eeu-oue dinasorus spore, herleef die Anglo-Boere Oorlog by Surrender Hill of besoek een van die leeuplase in die omgewing. Ander aktiwiteite in die omgewing: White river rafting Abseiling Bergklim Wildbesigtiging Quad bike toere Staproetes Fietsry |