Vreugde Gasteplaas is 'n selfsorg fasiliteit met verskeie akkommodasiegeriewe.
Al die studios het 'n en-suite badkamer en is toegerus met 'n kitchenette vir die warm maak van voorafbereide/wegneem etes. Die kitchenette is egter nie ingerig vir kook nie. Braaigeriewe is beskikbaar. Studios 1 tot 4 (DUBBEL STUDIOS) is apart van die hoofgebou en ander fasiliteite wat sorg vir genoegsame privaatheid terwyl die groter dubbelstudios (5 & 6), die FAMILIE STUDIOS (7 & 8), deel vorm van die hoofgebou. Die hoofgebou is agtkantig en al die studios loop uit in 'n lieflike binnehof en bied ook toegang tot 'n lekker kuier-vertrek wat toegerus is met tafels, stoele, en sitkamerbanke. 'n KOTHUIS met 3 slaapkamers en ten volle toegeruste kombuis is beskikbaar wat as eenheid verhuuur word vir tot 5 persone. Die kothuis verseker aangename verblyf met rustige plaasatmosfeer, privaatheid en gerief. Die studios en kothuis is nie toegerus met TV nie. Gratis WiFi is beskikbaar. Geen troeteldiere word toegelaat nie. |
Vir meer inligting druk op skakels hieronder:
|
Vreugde Gasteplaas is die ideale keuse vir die kieskeurige reisiger wat rus en stilte verkies bo die aanhoudende lawaai van vragmotors en ander verkeer in dorpe en stede