FAMILIEBYEENKOMSTE
Vir Bespreking Skakel of WhatsApp:
Katie Joubert
082 415 6311
Katie Joubert
082 415 6311
Vreugde Gasteplaas is die ideale venue om ‘n klein familiebyeenkoms te hou - Maksimum 34 persone
Maak nie saak of jy dit ‘n familie-reünie of ‘n familiebyeenkoms noem nie, dit is ‘n heerlike geleentheid waartydens familie lekker kuier, nostalgies kan gesels oor die goeie ou dae en om weereens wonderlike herinneringe te bou.
Van Wyk Familie
Beste gasteplaas op die planeet!... ingerig met 'n baie fyn hand vir detail en gerief. Pragtige kamers! Baie gasvrye eienaars.
Marthie van Wyk

ALGEMENE INLIGTING
Vreugde Gasteplaas is ideaal vir familie reunies en groepkampe soos vroue- manne- en jeugkampe.
FASILITEITE
Ons fasiliteite huisves tans groepe tot 34 (sien kamerkonfigurasie op laaste bladsy). Indien al die akkommodasie bespreek word kan daar ook van karavane/tente gebruik gemaak word om addisionele persone te akkommodeer.
Die moderne, netjiese en funksionele fasiliteite word hoofsaaklik gehuisves in ‘n agtkantige gebou wat bestaan uit die volgende:
Kapel/lesinglokaal
Eetsaal
Kombuis
Aparte opwas
Ablusiegeriewe
4 En-suite studios (slaap tot 4 persone per studio)
Al hierdie vertrekke loop uit in 'n lieflike binnehof waar heerlik gebraai of om ‘n kampvuur gekuier kan word.
Ongeveer 100m verder van die kompleks is Studios 1-4 met en suite badkamers en slaap gewoonlik 2 persone per studio maar kan 3 akkommodeer.
Die kothuis is ongeveer 150m van die kompleks en het 3 slaapkamers met 1 badkamer waar 5 tot 6 persone kan slaap.
Neem asb. kennis dat 3 kamers van bogemelde fasiliteite oor dubbel/konining grootte beddens beskik en indien daar slegs 1 persoon op só bed slaap die getalle van persone in die kamers sal verminder.
Daar is genoeg ruimte vir spanbou en speletjies en ook om fiets te ry of sommer net rustig in die natuur te stap.
Die gebruik van die kapel/lesinglokaal word GRATIS aangebied vir kerkgroepe. Pryse hieronder is teen ‘n spesiale prys daarom moet akkommodasie vir 'n minimum van TWEE nagte bespreek en betaal word. Indien net vir een nag bespreek word, sal daar ‘n koste gehef word op bogemelde.
AKKOMODASIE
Die tarief word bereken op TWEE of meer nagte met dieselfde persone in dieselfde studios/kamers. Daar is ongelukkig nie skoonmaakdienste oor publieke vakansiedae en naweke nie en beddegoed sal nie geruil word nie.
Tariewe:
Enkel: R425 p.p.p.n
Dubbel Studios: R350 p.p.p.n (2 persone)
R250 p.p.p.n (3 persone)
Familie Studios: R350 p.p.p.n (2 persone)
R250 p.p.p.n (3 – 4 persone)
Die studios in die kompleks kan as familiekamers ingerig word.
1 Enkelbed/bunkerbed word verskaf na gelang van behoefte.
Kothuis: Verkieslik meer as 4 persone
R1,000 p.n (1-2 persone)
R1,290 p.n (3-4 persone)
R1,450 p.n (5-6 persone)
Kampering (maksimum 30 persone)
sonder kragpunte: R100 p.p.p.n (eie tente/karavane)
Ablusie geriewe: Mans (3 storte)
Dames (4 storte)
Geysers sal met kragopwekker verhit word op spesifieke tye.
ETES
Ons verkies dat spyseniering deur groepe self gedoen word. Die kombuis en eetsaal word beskikbaar gestel tussen R500 tot R1,500 per dag afhangende van die grootte van die groep. Dit is belangrik dat daar vooraf vasgestel moet word wat in die kombuis beskikbaar is vir spyseniering om ander nodige items saam te bring. Daar is slegs 2 x 6 plaat gasstowe met oond en 2 x 1 enkeldeur yskas/vrieskas kombinasie en dit sal dalk nodig wees dat jul koelhouers met ys moet saambring.
Indien dit verkies word dat elke persoon sy/haar eie skottelgoed moet was moet hul hul eie eetgerei en vaddoek saambring.
DAGBESOEKERS
Dagbesoekers is welkom. Toegangsfooi van R60 is betaalbaar per persoon vanaf ouderdom 2 jaar per dag. Vrywaring- en Aanspreeklikheidsvorm moet ook deur die dagbesoekers voltooi word. Dagbesoekers word nie toegelaat om sonder betaling oor te slaap nie.
VOORLOPIGE KWOTASIE
Die koste van die byeenkoms word bepaal deur die tipe kamers, grootte van die groep, aantal dae en spyseniering. Ons besef dat daar baie veranderlikes is en dat dit veral moeilik is in die begin om te bepaal hoeveel persone die byeenkoms sal bywoon. ‘n Finale kwotasie sal 15 dae voor aanvangs van byeenkoms gestuur word wanneer amptelike getalle deurgegee moet word.
BREEKSKADE EN OPRUIM DEPOSITO
Breekskade en opruim deposito van tot R1,500 is betaalbaar afhangende van grootte van groep. Geen toegang tot die kombuis sal verleen word alvorens dit nie ontvang is nie. Die deposito sal na aftrekking van skade en opruim koste indien van toepassing, terugbetaal word binne 3 dae na die byeenkoms.
Let wel: ‘n Voorraadlys sal verskaf word wat nagegaan en geteken moet word met aankoms. Alle skottelgoed moet gewas en weggepak wees sodat voorraad voor vertrek nagegaan kan word. Daar sal streng gehandel word indien kombuis/fasiliteite nie min of meer in dieselfde toestand gelaat word as wat dit ontvang is nie. Dit sluit gasstowe, yskaste en tafels in. Die rond dra van eetgerei van en na die kombuis/studios word nie toegelaat nie.
NOTAS
1. Hierdie tariewe geld nie vir troues en spesiale geleenthede nie, asook vir lang naweke en oor spitsseisoen nie. Navraag vir tariewe vir die doel moet gedoen word.
2. Ons deel en korrespondeer slegs met een persoon wat die naweek fasiliteer d.w.s. die bespreking, toedeling van kamers en invordering van finansies hanteer. Die persoon aanvaar ook verantwoordelikheid vir die voorraad en opruiming en die ondertekening van hierdie inligtingstuk as deel van die besprekingsooreenkoms.
3. ‘n Nie terugbetaalbare deposito van 50% is soos volg betaalbaar:
R3000 om datum vas te maak en balans van deposito vier weke later om tyd te bied om res van die deposito in te samel.
4. Die balans van rekening en breekskade/opruimingsdeposito is betaalbaar 14 dae vόόr datum van aankoms. Dagbesoekersfooie is betaalbaar met aankoms.
5. Kansellasievoorwaardes:
0% van deposito is terugbetaalbaar.
Breekskade/opruiming deposito sal wel terug betaal word.
Vanaf 14 dae voor naweek is die volle bedrag betaalbaar.
6. Studio 1-4 asook die kothuis se kombuis is toegerus met 'n klein yskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en basiese eetgerei om ligte etes voor te berei. Die kitchenette in die studios is egter nie ingerig vir kook nie.
7. NB: Aangesien daar van alternatiewe elektrisiteit gebruik gemaak word by die kompleks sal Studio 5-8 oor geen kombuisfasiliteite beskik nie. Koffiebekers en ‘n een-plaat gasstofie sal wel beskikbaar wees om koffie in dié studios te geniet.
8. Geen skoonmaakdienste is beskikbaar behalwe vir gesamentlike ablusie, asblikke, braairooster en boma (vuurtrog) wat skoongemaak word. Indien skoonmaakpersoneel saambring word kan daar gereël word vir ekstra verblyf teen R100 p.p.p.n. Geen beddegoed of handdoeke sal verskaf word nie.
9. Slegs 1 rol toiletpapier word per kamer voorsien, badseep en ekstra toiletpapier moet self verskaf word. Seep, handdoekies en toiletpapier vir die ablusieblokke is ook die groep se verantwoordelikheid. Sorg vir genoeg vaddoeke, skottelgoedseep, vullissakke en “fuel vir chaffing dishes”.
10. Vier agtkantige hout-tuintafels met sitplek vir 32, asook losstaande bankies is buite beskikbaar. Daar kan ook kampstoele saamgebring word om die sonsondergang op die patio te geniet.
11. Indien groepe meer as 34 persone sal wees moet ekstra stoele gebring word vir die eetsaal of daar kan kampstoele vir die kapel gebring word sodat stoele in kapel in die eetsaal gebruik kan word. Geen gestoffeerde stoele mag rond gedra word nie.
12. ‘n Boma (vuurtrog) is beskikbaar indien julle om ‘n kampvuur wil kuier. Eie vuurmaakhout moet verskaf word. Dit is raadsaam om addisionele komberse vir dié doel saam te bring.
13. Komberse en handdoeke mag nie uit kamers verwyder word nie.
14. Geen haardroërs of strykgeriewe is in kamers beskikbaar nie.
15. Die kapel beskik nie oor musiekinstrumente nie.
16. Wi-Fi is beskikbaar in al die studios en kothuis. Dit is ‘n oop netwerk, gewoonlik baie sterk maar die effektiwiteit kan geaffekteer word agv. groot getalle.
17. ‘n Kragopwekker is slegs beskikbaar vir yskaste en geyser in die kombuis tydens beurtkrag. Gasstowe word gebruik. Addisionele kragopwekkers en brandstof moet self verskaf word indien daar elektrisiteit benodig word tydens beurtkrag. Daar is wel “backup ligte” in die geboue.
18. Die toegangshek moet ten alle tye gesluit wees. ‘n Spesifieke persoon moet aangestel word om die hek te reguleer vir dagbesoekers.
19. Alle persone wat Vreugde Gasteplaas besoek, betree die plaas en gebruik fasiliteite en toerusting op eie risiko en vrywaar die eienaars, bestuur en personeel van enige eise t.o.v. enige gebeurlikheid en die Vrywaringsvorms moet deur elke volwassene onmiddelik met aankoms onderteken word. Indien minderjariges ‘n kamp bywoon, moet die Vrywaring- en Aanspreeklikheidvorms vooraf deur ouers/voogde onderteken word.
20. Die organiseerders en groepe gee toestemming dat Vreugde Gasteplaas en die bestuur op ‘n verantwoordelike basis fotos van groepe en aktiwiteite wat tydens die byeenkoms geneem word, op verskeie sosiale media platforms kan plaas vir reklame doeleindes.
21. Tyd van Aankoms: 15h00 Tyd van Vertrek: 14h00
Reëlings kan vooraf getref word vir organiseerders en kombuispersoneel om vroeër in en uit te boek.
Ons nooi julle om ons fasiliteite te kom besigtig. Dit geskied slegs op afspraak. Ons ontvang julle graag.

Daar is geen beter tyd as nou nie. Bespreek en beplan nou jul eerste of volgende byeenkoms
Vir Bespreking Skakel of WhatsApp:
Katie Joubert
082 415 6311
Katie Joubert
082 415 6311