Groepbyeenkomste
Vir Bespreking Skakel of WhatsApp:
Katie Joubert
082 415 6311
Katie Joubert
082 415 6311
Vreugde Gasteplaas is ideaal vir familie reunies en groepbyeenkomste soos vroue- manne- en jeugkampe.
Van Wyk Familie
"Beste gasteplaas op die planeet!... ingerig met 'n baie fyn hand vir detail en gerief. Pragtige kamers! Baie gasvrye eienaars."
Marthie van Wyk

De Villiers Familie
"Ons is aangenaam verras, baie dankie vir julle moeite. Julle het 'n pragtige plek. Ons het dit baie geniet. Ons sal verseker weer 'n draai kom maak en ek sal julle gasteplaas sterk aanbeveel."
Suzette Naude

Scheepers Familie
"Wat 'n wonderlike plekkie!! Ons het nou oor paasnaweek ons familie naweek by Vreugde geniet en kan oor absoluut niks kla nie. Die kamers / huisie is pragtig, skoon en goed ingerig. Jy hoef slegs met jou kos en drankies op te daag. Ons het elke oomblik geniet en net wens ons kon langer bly. Baie aktiwiteite om jouself besig te hou op die plaas self, maar ook die ideale plek om te kom ontspan weg van die jaag en lawaai van die stad. Ons sal nou elke familie byeenkoms by Vreugde geniet. Baie dankie aan die eienaars en die mense wat vir julle ingestaan het terwyl julle weg was."
Chanell de Witt

ALGEMENE INLIGTING
FASILITEITE
Ons fasiliteite huisves tans groepe tot 30. Indien al die akkommodasie bespreek word kan daar ook van karavane/tente gebruik gemaak word om addisionele persone te akkommodeer.
Die moderne, netjiese en funksionele fasiliteite word hoofsaaklik gehuisves in ‘n agtkantige gebou wat bestaan uit die volgende:
Kapel/lesinglokaal
Eetsaal
Kombuis
Aparte opwas
Ablusiegeriewe
4 En-suite studios (slaap tot 4 persone per studio)
Al hierdie vertrekke loop uit in 'n lieflike binnehof waar heerlik gebraai of om ‘n kampvuur gekuier kan word.
Ongeveer 100m verder van die kompleks is Studios 1-4 met en suite badkamers en slaap gewoonlik 2 persone per studio maar kan 3 akkommodeer.
Die kothuis is ongeveer 150m van die kompleks en het 3 slaapkamers met 1 badkamer waar 5 tot 6 persone kan slaap.
Neem asb. kennis dat 3 kamers van bogemelde fasiliteite oor dubbel/konining grootte beddens beskik en indien daar slegs 1 persoon op só bed slaap die getalle van persone in die kamers sal verminder.
Daar is genoeg ruimte vir spanbou en speletjies en ook om fiets te ry of sommer net rustig in die natuur te stap.
Die gebruik van die kapel/lesinglokaal word GRATIS aangebied vir kerkgroepe.
BESPREKING
Pryse vir groepbyeenkomste word teen ‘n spesiale prys bereken, daarom moet akkommodasie vir 'n minimum van TWEE nagte bespreek en betaal word met dieselfde persone in dieselfde studios/kamers. Daar is ongelukkig nie skoonmaakdienste oor naweke en op publieke vakansiedae nie en beddegoed kan nie geruil word nie.
ETES
Spyseniering word deur groepe self gedoen. Die kombuis en eetsaal word beskikbaar gestel tussen R750 tot R1,500 per dag afhangende van die grootte van die groep. Dit is belangrik dat daar vooraf vasgestel moet word wat in die kombuis beskikbaar is vir spyseniering om ander nodige items saam te bring. Daar is slegs 2 x 6 plaat gasstowe met oond en 2 x 1 enkeldeur yskas/vrieskas kombinasie en dit sal dalk nodig wees dat jul koelhouers met ys moet saambring.
Indien dit verkies word dat elke persoon sy/haar eie skottelgoed moet was moet hul hul eie eetgerei en vaddoek saambring.
DAGBESOEKERS
Dagbesoekers is welkom. Toegangsfooi van R60 is betaalbaar per persoon vanaf ouderdom 2 jaar per dag. Dagbesoekers word nie toegelaat om sonder betaling oor te slaap nie.
VOORLOPIGE KWOTASIE
Die koste van die byeenkoms word bepaal deur die tipe kamers, grootte van die groep en aantal dae. Ons verskaf graag 'n voorlopige kwotasie. Ons besef dat daar baie veranderlikes is en dat dit veral moeilik is in die begin om te bepaal hoeveel persone die byeenkoms sal bywoon. ‘n Finale kwotasie/faktuur sal 30 dae voor aanvangs van byeenkoms gestuur word wanneer amptelike/finale getalle deurgegee moet word.
Ons nooi julle om ons fasiliteite te kom besigtig. Dit geskied slegs op afspraak. Ons ontvang julle graag.

Skakel of WhatsApp:
Katie Joubert
082 415 6311
Katie Joubert
082 415 6311